곡 정보

Skielik Is Jy Vry
Theuns Jordaan
Vreemde Stad
앱에서 듣기
As niemand van jou hoor nie;
as niemand van jou weet nie,
kan jy tog niks verloor nie--
kan niemand jou vergeet nie.

As niemand jou bemin nie;
as niemand jou ooit raak nie,
kan niemand trou versin nie--
kan niemand jou versaak nie.

Dis tog so eenvoudig:
Disjy, alleenlik jy;
en die groter sorge gaan vanself verby.
Niks om te verhaal nie;
net die vrede bly;
niks om te betaal nie--
en skielik is jy vry.

As jy op niemand leun nie
en niks van iemand vra nie,
hoef niemand jou te steun nie;
hoef niemand jou te dra nie.

Dis tog so eenvoudig:
Disjy, alleenlik jy;
en die groter sorge gaan vanself verby.
Niks om te verhaal nie;
net die vrede bly;
niks om te betaal nie--
en skielik is jy vry.
멜론 님께서 등록해 주신 가사입니다.