곡 정보

Vreemde Stad
Theuns Jordaan
Vreemde Stad
앱에서 듣기
Donker word die lug se blou
Ek sit hier in my flat alleen
Die lug is vars, die reën is stil
Die aand se woel het skaars begin

Ek's vreemdeling in Vreemde stad
Niks branders oorkant hierdie pad
My deur staan heeldag wawyd oop
Maar nog net stilte het hier ingeloop

Jou trane oor die telefoon
Ek weet dis my verdiende loon
My grootste fout, ek word ook oud
Het jou laat agterbly om te wag vir my

As alles om jou wegraak
En die wêreld jou maar min traak
As die mure om jou begin kraak
Die gemmerbrandewyn min raak

Tussen stegies en geboue
In Burnettstraat se oggendkoue
Word die wedloop tot stop gedwing
Dan kom die stilte wat jou huis toe wil bring
멜론 님께서 등록해 주신 가사입니다.