곡 정보

Hoeveel Ek Van Jou Hou
Laurika Rauch
Die Reis
앱에서 듣기
Ek het gedink, maar sukkel met gedagtes
Ek het gepraat, maar selde iets gesê
Ek het gestry, maar struikel oor my woorde
Ek ken my grense, kon hul net nooit verlê
My vriende dink ek is 'n gladde prater
Maar woorde klink soms nutteloos en flou
Maar hierdie oë kan nie vir jou lieg nie
Ek wil net noem hoeveel ek van jou hou
Ek hoop jy dink ek hou die res vir later -
Tot daar waar ek so vreeslik van jou hou
Ons gooi dalk eendag klippies oor die water
Dalk sê ek dan hoe mal ek is oor jou
Kyk in my oë as jy my dan nie glo nie
Ek wil ook sien hoeveel jy van my hou
En ondanks al my stamelende woorde
Moet jy tog weet hoe veel ek van jou hou
Ek dink jy weet, moet net tog nooit, ja nooit vergeet nie
Hoeveel ek van jou hou
멜론 님께서 등록해 주신 가사입니다.