곡 정보

Klein Tambotieboom
Die Heuwels Fantasties,Laurika Rauch
Die Reis
앱에서 듣기
As die donker my kom haal en die Here my nie soek nie
As die osoonlaag vergaan en in 'n kandelaar van sterre val
Begrawe my hart op Klein Tambotieboom
En strooi my as oor die bosveldhorison
Jy het nie 'n graad nie
En jy het nie jou kredietkaart nodig nie
Om in die agterplaas soos 'n kind te baljaar en die verte in van 'n krans af te staar
Die gelukkigste wat ek ooit was, op die naat van my rug in die natuurreservaat
Die wind sing my naam deur die bottels wat knak hoor ek 'n skaterlag
As die donker my kom haal en die Here my nie soek nie
As die osoonlaag vergaan en in 'n kandelaar van sterre val
Begrawe my hart op Klein Tambotieboom
En strooi my as oor die bosveldhorison
Geïsoleer in donderweer, ver van die wolkekrabbers, net die atmosfeer
Wat aan ons kleef
En 'n wolkbreuk wat my boekdeel spreek, jy weet ek het nie
Jy weet ek het nie, ek het nie 'n agenda nie
Die gelukkigste wat ek ooit was, op die naat van my rug in die natuurreservaat
Die wind sing my naam deur die bottels wat knak hoor ek 'n skaterlag
As die donker my kom haal en die Here my nie soek nie
As die osoonlaag vergaan en in 'n kandelaar van sterre val
Begrawe my hart op Klein Tambotieboom
En strooi my as oor die bosveldhorison
As die donker my kom haal en die Here my nie soek nie
As die osoonlaag vergaan en in 'n kandelaar van sterre val
Begrawe my hart op Klein Tambotieboom
En strooi my as oor die bosveldhorison
En strooi my as oor die bosveldhorison
멜론 님께서 등록해 주신 가사입니다.